# Die DA in die Wes-Kaap het die nasionale regering gevra vir die finansiering van die Shayela Smart-program, wat daarop gemik is om minibus-taxidienste te verbeter. Die program fokus op veiliger bestuur, beter opleiding vir bestuurders en meer bekostigbare vervoer vir pendelaars. Dit sluit langtermynplanne in om die invordering van tariewe en bedryfsaspekte te verbeter. Nomafrench Mbombo van die party sê om die program volledig in die provinsie in werking te stel sal ongeveer 258-miljoen-rand per jaar kos, en die program kan daagliks sowat een-miljoen pendelaars bevoordeel:
DA vra nasionale regering om Wes-Kaap se Shayela Smart-taxihervormingsprogram te finansier [KLANK]
ENG MbomboOnShayelaSmart