# Die DA het die sluiting van die Hans Masibe Primary School in die Mapela-nedersetting in die Mokgalakwena-munisipaliteit, sterk gekritiseer. Die skool is gesluit oor ‘n geskeduleerde vergadering van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie. Die DA se provinsiale woordvoerder vir Onderwys, Jacques Smalle, het gesê om ‘n skool te sluit vir ‘n vakbondvergadering maak inbreuk op leerders se grondwetlike reg op basiese onderwys, veral tydens die tweede semester-eksamen. Die DA het die LUR vir Onderwys, Mavhungu Leruli-Ramakhanya, versoek om ondersoek in te stel en toekomstige ontwrigtings te voorkom.
DA veroordeel sluiting van skool vir vakbondvergadering in Limpopo