Skip to content

DA sê Sassa en Postbank se wanbestuur met kaartmigrasieproses vererger [KLANK]

# Die DA sê die mislukking van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid en Postbank om die kaartmigrasieproses behoorlik te bestuur, het ‘n situasie vererger wat alreeds kritiek vir Suid-Afrika se mees kwesbare burgers is. Postbank se uitvoerende hoof, Nikki Mbengashe, het Vrydag aangekondig dat die goue kaart geldig sal bly tot einde Mei vir begunstigdes om hulle SASSA-toelaes te onttrek. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê die oorgang is nie ‘n onbenullige saak nie:

AFR WendyonCardMigration