# Die DA sê die Gautengse Departement van Onderwys het oor drie boekjare 96-miljoen-rand aan reis, akkommodasie en konferensiefasiliteite bestee terwyl skole finansiële onder druk verkeer. Die party sê bykans 48-miljoen-rand is aan konferensiefasiliteite bestee en 22-miljoen-rand aan vervoer. Michael Waters van die DA sê daar is teenstrydighede in die departement se antwoorde. Waters het ‘n volledige uiteensetting van die besteding geëis, insluitend hoe dit onderrig en leer bevoordeel:
DA sê Gauteng Onderwys het R96-miljoen oor drie jaar aan reis- en verwante koste bestee [KLANK]
ENG WatersOnTravelCosts