# Die DA doen ‘n beroep op die polisiekommissaris van Gauteng, Tommy Mthombeni, om gespesialiseerde polisie-eenhede te ontplooi om toenemende bendegeweld regoor die provinsie te bestry. Michael Sun van die party sê 258 mense is oor die afgelope vier jaar vermoor en 408 het pogings tot moord oorleef in aanvalle wat verband hou met bendegeweld. Sun het die Gauteng regering gekritiseer vir onvoldoende befondsing om bendes te beveg en het ‘n beroep gedoen op intelligensie-gedrewe polisiëring, teen-bende-ondersoeke en die verwydering van onwettige vuurwapens:
DA sê bendegeweld eis afgelope vier jaar 258 lewens in Gauteng [KLANK]
ENG SunOnGangsgterism