# Die DA het ‘n klag teen die Openbare Beleggingskorporasie by die Inligtingsreguleerder ingedien en voer aan belangrike openbare dokumente word weerhou. Die DA-lid, Andrew Bateman wil hê die Mokgoro‑verslag en die korporasie se implementeringsverslag oor aanbevelings deur die Mpati‑kommissie moet bekend gemaak word, en voer aan dit is in openbare belang. Hy sê die verslae hou verband met bestuursmislukkings en toesig oor pensioenfondse wat miljoene begunstigdes raak. Hy beweer die voortgesette geheimhouding ondermyn deursigtigheid, aanspreeklikheid en pogings tot hervorming by die korporasie.
DA neem Openbare Beleggingskorporasie na Inligtingsreguleerder oor geheime verslae