Skip to content

DA eis dat Stad Johannesburg sy rekeningstelsel regruk

# Die DA in Gauteng eis dat die Stad Johannesburg onmiddellik sy chaotiese rekeningstelsel regruk. Die metro het aan die begin van die 2024/2025-boekjaar ʼn verminderde riooltarief van 314-rand-60-sent per eenheid vir eiendomme met meer as een wooneenheid van minder as 700-duisend-rand goedgekeur. Hierdie huishoudings betaal egter steeds die hoër tarief van 704-rand-47-sent per eenheid. Die DA sê hierdie selektiewe rekeningbepaling baat slegs die metro finansieel terwyl sukkelende huishoudings regstreeks daarvoor betaal.