# Die DA het ‘n klagte by die Menseregtekommissie ingedien teen die ANC-geleide Stad Ekurhuleni in Gauteng oor 659-miljoen-rand se infrastruktuur wat voltooi is, maar nie geopen nie. Dit sluit drie reservoirs in – die Selcourt-reservoir van 123-miljoen-rand, die Modder-Oos-reservoir van 115-miljoen-rand en die Masechba-reservoir van 107-miljoen rand. Daar is ook ‘n vroeë kinderontwikkelingsentrum van 46-miljoen-rand wat sedert 2018 gesluit is, en ‘n ondernemingsentrum in Reigerpark van 108-miljoen-rand. DA-woordvoerder Khathutshelo Rasilingwane sê dit skend regte op water en waardigheid sowel as kinderregte, en sy eis dat ‘n ondersoek ingestel word.
DA dien klagte by Menseregtekommissie in oor Ekurhuleni se infrastruktuur van R659-miljoen wat ongebruik staan