# Corruption Watch kritiseer die uitgerekte vertraging met die aanstelling van ‘n adjunk-openbare beskermer en noem dit onaanvaarbaar. Die posisie is vakant sedert November 2023, toe Kholeka Gcaleka die openbare beskermer geword het. Die drukgroep sê 16 maande sonder ‘n adjunk het ‘n uitwerking op demokrasie. Die Justisiekomitee van die Parlement het verlede week besprekings oor die saak uitgestel. Corruption Watch waarsku die vakante pos verswak die doeltreffendheid van die kantoor.
Corruption Watch kritiseer vertraging met aanstelling van adjunk-openbare beskermer