Skip to content

Chinese president waarsku teen die hervatting van militêre operasies in die Midde-Ooste

# Die Chinese president, Xi Jinping, waarsku teen die hervatting van militêre operasies in die Midde-Ooste en sê dit sal onaanvaarbaar wees. Sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, het gedreig met nog militêre aanvalle teen Iran indien daar nie teen die naweek ‘n ooreenkoms bereik word om die oorlog te beëindig nie. Xi het verlede maand ‘n vierpunt-voorstel voorgelê wat ‘n vreedsame samelewing, nasionale soewereiniteit, internasionale reg en ‘n gesamentlike benadering tot ontwikkeling en veiligheid bevorder. Hy sê ‘n omvattende skietstilstand is noodsaaklik.