# Die Suid-Afrikaanse regering sê hulle sal deur diplomatieke kanale met die Malawiese owerhede skakel na die dood van ‘n Malawiese burger tydens ‘n repatriasie-operasie. Die passasier is Sondag oorlede op ‘n bus wat na Malawi onderweg was, kort nadat hy die repatriasie-verwerkingsentrum in Musina, Limpopo, verlaat het. Die adjunkwoordvoerder van die regering, William Baloyi, […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê ‘n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen-rand by ‘n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die OPOD-woordvoerder, Lizzy Suping, sê drie verdagtes is nou in hegtenis […]
# Die DA sê rou riool vloei steeds in die Moreleta-rivier in ondanks pogings deur die Stad Tshwane om die lek te herstel. Leanne de Jager van die party sê die voortdurende besoedeling plaas inwoners se gesondheid in gevaar en besoedel waterstelsels stroomaf, insluitend die Roodeplaatdam. De Jager doen ‘n beroep vir permanente herstelwerk, sterker […]
# Die Nasionale Kunstefees het aangekondig Palesa Kadi is vanaf volgende maand sy nuwe uitvoerende hoof. Die aankondiging is gedoen ná vanjaar se suksesvolle fees in Makhanda in die Oos-Kaap, wat oor elf dae groot gehore gelok het na ‘n propvol program met plaaslike en internasionale vertonings deur opkomende en gevestigde kunstenaars. Kadi sê die […]
# The National Arts Festival has announced the appointment of Palesa Kadi as its new CEO from next month. The announcement was made after this year’s successful edition at Makhanda in the Eastern Cape, which drew robust audiences to a packed programme of local and international work from emerging and established artists across eleven days. […]
# Die polisie is bekommerd oor die onwettige gebruik van blouligte. Misdaadsindikate, algemeen bekend as die “blouligbende”, gebruik dit om wetstoepassers na te boots en niksvermoedende motoriste te beroof, te kaap en te terroriseer. Twee verdagtes is die naweek in Centurion, Gauteng, in hegtenis geneem vir die onwettige gebruik van blouligte op ‘n privaat voertuig. […]
# Die DA gaan nuwe inligting oorhandig om die klagte te versterk wat hy voorheen teen Ekurhuleni se gewese stadsbestuurder, Imogen Mashazi, ingedien het. News24 het onthul dat sy in ʼn huis van 60-miljoen-rand in die Waterfall-landgoed woon wat voorheen aan die korrupsie-beskuldigde sakeman, Edwin Sodi, behoort het. Woordvoerder Khathutshelo Rasilingwane sê volgens die artikel […]
# Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad moet erken hy het die afgelope agt jaar nie een bekostigbare huis in die middestad en omliggende gebied gelewer nie. Die Konstitusionele Hof het verlede week die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt omgekeer en die Wes-Kaap en die metro beveel om ʼn verslag in te dien oor […]
# Die Gautengse LUR vir Finansies, Nkululeko Dunga, sê ʼn aksieplan is ingestel om die kommerwekkende finansiële toestand van munisipaliteite te hanteer. Ses van die elf munisipaliteite het in die 2024/25-boekjaar ongekwalifiseerde ouditmenings met bevindings ontvang. In die boekjaar wat tans geëvalueer word, het Gautengse munisipaliteite altesaam 14,4-miljard-rand onregmatig bestee. Dunga sê die provinsiale regering […]