# The trial of Duduzile Zuma-Sambudla, daughter of former president Jacob Zuma, is expected to begin at the Durban High Court today. She faces charges including incitement to commit terrorism and incitement to commit public violence. These charges stem from her alleged role in instigating violence during the unrest that swept across parts of Gauteng […]
# City Power sê hy verskerp pogings om meer as tien-miljard-rand te verhaal wat aan die nutsmaatskappy verskuldig is. Daarvan is 1,6-miljard-rand deur kliënte binne die voorsieningsgebied van die Hursthill Diensleweringsentrum verskuldig. Die maatskappy sê die jongste hoëwaarde-wanbetalers wie se elektrisiteitstoevoer afgesny is, is twee sakeparke in Croesus wat onderskeidelik 17-miljoen-rand en 5,3-miljoen-rand aan City […]
# Die DA in Gauteng daag die Gesondheidsdepartement uit om op te tree teen ‘n hospitaal-sekerheidsmaatskappy wat na bewering versuim het om voorsorgfondse wat van sy werkers ingevorder is, oor te betaal. Woordvoerder Jack Bloom sê Mafoko Security Patrols het verskeie kontrakte om Gautengse hospitale te bewaak, insluitend een van 58-miljoen-rand per jaar vir 206 […]
# Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê die era van roekelose afleggings, uitkontraktering, arbeidsmakelaars en eensydige herstrukturering sonder deursigtigheid of werklike konsultasie in Suid-Afrika is verby. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, het reageer op ‘n Arbeidshofuitspraak Vrydag ten gunste van die Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, wat die heraanstelling van alle afgedankte lede by die Suid-Afrikaanse […]
# Suid-Afrika sal van vandag tot Woensdag ‘n historiese byeenkoms vir wêreldwye water- en sanitasieleiers in Johannesburg aanbied. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sal die dialoog lei, as die begin vanhoëvlak-betrokkenheid aandui om nuwe oplossings vir watersekerheid en -sanitasie regoor Afrika en die Globale Suide te bevorder. Die departement sê meer as […]
# Die DA is bekommerd na die ontsnapping Saterdag van die veroordeelde verkragter, Jakob September, uit die Helderstroom Maksimum Korrektiewe Sentrum in Caledon in die Wes-Kaap. September, oorspronklik van Riversdal, het ‘n vonnis van 28 jaar vir gewelddadige seksuele oortredings uitgedien. Nicholas Gotsell van die DA sê hulle eis dat die die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris […]
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die veiligheid van opvoeders en leerders moet ‘n topprioriteit wees vir beide die Departement van Onderwys en wetstoepassingsagentskappe. Die adjunkhoof van Dinoto Technical Secondary School is Vrydag geskiet en gewond terwyl hy op pad was na die skool in Daveyton, Ekurhuleni. Makaneta sê hierdie soort geweldsmisdaad het geen plek […]
# Die Universiteit van Pretoria en Rand Water het ‘n baanbreker-samewerkingsooreenkoms gesluit om die Rand Water Navorsings-, Ontwikkelings- en Innoveringsentrum by die universiteit te vestig. Die universiteit sê die sentrum beoog om ‘n toonaangewende plek vir waterbestuur te word, en praktiese en volhoubare oplossings te vind om water en sanitasie regoor Suid-Afrika en die vasteland […]
# Die DA het die plan van die Wes-Kaapse Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme verwelkom, om gereedheid vir nuwe toeriste-aankomste vir die komende feestyd te bepaal. Die party sê die Komitee sal Woensdag vergader en met sleutelbelanghebbendes skakel om te verseker die provinsie se toerisme-infrastruktuur, besoekersbestuurstelsels en ondersteuningsdienste is ten volle voorbereid. Noko […]