Skip to content

Burgerlugvaartowerheid ondersoek ligte vliegtuigongeluk in Pretoria

# Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het ‘n ondersoek van stapel gestuur na die oorsaak van ‘n ligte vliegtuigongeluk, wat die lewe van ‘n vlieënier in Pretoria-Oos geëis het. Die Slick 540-vliegtuig het van die Kitty Hawk-vliegveld vertrek voordat dit minder as vyf kilometer van die vliegveld af neergestort het. Saaca se woordvoerder, Sisa Majola, sê die afdeling vir ondersoeke van ongelukke en voorvalle het bewyse ingesamel wat deel sal vorm van ‘n voorlopige verslag wat oor 30 dae op sy webwerf gepubliseer sal word.