Skip to content

Botsing reg van voor op R-23 in Mpumlanga eis ses lewens

# Ses mense is gisteraand dood in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n BMW en VW-sedan, op die R-23 tussen Greylingstad en Val in Mpumalanga. Volgens berigte is almal op die toneel dood. Vyf van die slagoffers was mans. Die owerhede vermoed die oorsaak is roekelose bestuur, hoë spoed en die gevaarlike verbysteek van ‘n voertuig. Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Jackie Macie, sê motoriste moet waaksaam bly en die padreëls gehoorsaam.