# Build One South Africa het die Konstitusionele Hof se uitspraak verwelkom wat die Parlement se hantering van die Phala Phala-saak ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die hof het bevind dat die Nasionale Vergadering irrasioneel opgetree het met sy verwerping van die onafhanklike paneelverslag oor bewerings wat verband hou met die inbraak op president Cyril Ramaphosa se plaas in 2020. Roger Solomons van BOSA sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir aanspreeklikheid en die oppergesag van die reg, en dat niemand bo die wet verhewe is nie, insluitend Ramaphosa.
BOSA sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Phala Phala het openbare aanspreeklikheid herstel