Skip to content

Borgtog van R20 000 toegestaan aan voormalige Knysna-burgemeester en twee amptenare ​​in korrupsiesaak

# Die voormalige burgemeester van Knysna, Thando Matika, en twee senior munisipale amptenare is vandag borgtog van 20-duisend-rand elk toegestaan in ‘n korrupsiesaak. Matika, die waarnemende munisipale bestuurder, Boy Manqoba Ngubo, en die waarnemende finansiële hoof, Busisiwe Lubelwana, het vandag in die Landdroshof in Knysna verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie, afpersing en geldwassery weens bewerings dat hulle onwettige betalings geëis het van ‘n sakeman aan wie die munisipaliteit ‘n veiligheidskontrak van 68-miljoen-rand toegeken het. Die saak is tot 2 Desember uitgestel.