# Die Bloubergstrandse Inwonersvereniging gaan appelleer teen Stad Kaapstad se besluit om goedkeuring te gee vir die bou van ‘n boetiekhotel op die strandgebied. Volgens die vereniging sal dit ‘n gevaarlike presedent skep en ontwikkelaars aanmoedig om strand-eiendom te verkry en dan te hersoneer vir woonstelle of hotelle, wat in die toekoms moeilik sal wees om teen te veg. Die vereniging sê die afbreek van die bestaande gastehuis en die hersonering met toestemming vir ‘n hotel, sal ‘n negatiewe en ontwrigtende uitwerking op omliggende inwoners hê.
Bloubergstrand-vereniging gaan appelleer teen Kaapstad se goedkeuring vir hotel op strandgebied