# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens waarsku die bloedvoorraad het tot slegs 3,9-dae gedaal teenoor die teiken van vyf-dae. Die diens benodig daagliks sowat drie-duisend-500 eenhede, maar daar is nie genoeg skenkings nie. In sommige streke is minder as drie dae se voorraad beskikbaar, terwyl die O-bloedgroep onder besondere druk verkeer. Die feestyd kom nader en die behoefte aan bloed vir operasies, bevallings, kankerbehandeling en noodoortappings bly groot. Die senior bestuurder, Monique Schreiner, vra mense om bloed te skenk om die voorraadvlakke te herstel en sê elke skenking red lewens.
Bloeddiens waarsku bloedvoorraad het tot 3,9-dae gedaal