# Rugby: Die Suid-Afrikaanse sewes-span het met 38-10 teen Groot-Brittanje verloor in hul eerste wedstryd by die Singapoer-sewes. Philip Snyman se span het die grootste deel van die wedstryd net ses spelers gehad nadat Sebastiaan Job in die tweede minuut ʼn rooikaart gekry het. Die Suid-Afrikaners, Zain Davids en Dewald Human, se twee drieë vergelyk ook swak met Groot-Brittanje se ses drieë en vier doelskoppe. Die Blitsbokke en Argentinië spook tans sake uit.
Blitsbokke kan vroeg uitgeskakel word na nederlaag teen Groot-Brittanje