Skip to content

Bitou se onderburgemeester gedagvaar oor vuurwapenvoorval

# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap het bevestig die onderburgemeester van die Bitou-munisipaliteit, Nokuzola Kolwapi, sal na verwagting op 23 Junie in die Landdroshof in Plettenbergbaai verskyn. Sy word aangekla in verband met ‘n voorval in Desember verlede jaar toe sy na bewering ‘n vuurwapen afgevuur het tydens haar seun se tuiskomsviering in KwaNokuthula. Video’s van die voorval is op sosiale media versprei. Kolwapi hou vol die voorwerp in die video is ‘n speelgoedgeweer en nie ‘n regte vuurwapen nie.