Skip to content

Binnelandse Sake vra Suid-Afrikaners om slim ID-kaarte af te haal ná registrasienaweek

# Die Departement van Binnelandse Sake vra Suid-Afrikaners om hul slim ID-kaarte af te haal ná ‘n besige kieserregistrasienaweek. Byna ses-duisend nuwe aansoeke is verwerk, terwyl ongeveer drie-duisend-700 kaarte afgehaal is. Die departement sê slegs 115 tydelike ID-sertifikate is uitgereik, ‘n aanduiding dat die meeste burgers reeds geldige identifikasiedokumente het. Amptenare versoek mense om hul plaaslike kantore te besoek om uitstaande kaarte af te haal, en wys daarop die vraag het hoofsaaklik na vervangings van slim-ID’s verskuif namate die gebruik van die groen ID‑boeke afneem.