Skip to content

Binnelandse Sake deporteer byna 110 000 onwettige immigrante sedert RNE gevorm is

# Binnelandse Sake het byna 110-duisend onwettige immigrante deporteer sedert die regering van nasionale eenheid gevorm is. Die departement noem voortdurende pogings om immigrasiewette af te dwing, grensbeveiliging aan te pak en openbare veiligheid te handhaaf. Woordvoerder André Gaum beklemtoon deportasies vorm deel van ‘n breër strategie om ongedokumenteerde migrasie te bestuur en die oppergesag van die reg te handhaaf. Hy sê die getal beklemtoon die omvang van Suid-Afrika se ongedokumenteerde bevolking en die regering se voortgesette fokus op die bekamping daarvan.