# Staatsaanklaer Billy Downer ontken oudpresident Jacob Zuma se bewering dat die staat se beskrywing van sy Stalingrad-strategie rassistiese ondertone bevat. Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, het ‘n hofaansoek ingedien om die korrupsiesaak rondom die wapentransaksie teen hulle te laat vaar weens onredelike vertragings. Downer sê in hofstukke hy is verstom oor die bewering dat die staat se omskrywing van Zuma se mislukte aanvalle op sy vervolging rassisties is. Hy voeg by enige redelike waarnemer sal sien daar steek geen waarheid in die bewering nie.
Billy Downer ontken die staat se beskrywing van Zuma se vervolgingstrategie het rassistiese ondertone