Skip to content

Betogings deur Franse leerders hervat op kleiner skaal ná die skoolvakansie

# Franse hoërskoolleerders het protesoptrede hervat na ‘n twee weke lange vakansie, maar betogings is aansienlik kleiner as voor die skole gesluit het. Teen vanoggend was 41 skole of sowat een-persent van skole geblokkeer met nog pogings om skole to blokkeer, vergeleke met honderde voor die vakansie. Leerders eis beter skoolgeriewe, meer onderwysers, bykomende plekke by universiteite en ‘n billiker toelatingstelsel. Die regering het miljarde euros in onderwysmaatreëls aangekondig, insluitend kleiner klasse en skoolopknappings, maar studentegroepe sê die toegewings is nie voldoende nie.