# Die Belgiese Parlement het ‘n omstrede wet bekragtig wat die polisie toelaat om ongedokumenteerde migrante se huise te deursoek. Dit is gemik op asielsoekers wat ‘n bedreiging vir openbare of nasionale veiligheid is. Deursoekings sal slegs met die toestemming van ‘n ondersoekregter mag plaasvind. Die wet is vroeg vanoggend bekragtig ná ‘n deurnag-debat te midde van grootskaalse betogings. Drie-duisend mense het in Brussel ‘n menslike ketting gevorm, terwyl meer as 50 betogings landwyd plaasgevind het. Menseregte-organisasies waarsku dit is ‘n ernstige bedreiging vir privaatheid en grondwetlike regte.
België keur omstrede huisdeursoekings van ongedokumenteerde migrante goed