# Die Behuisingsontwikkelingsagentskap sê hy het ‘n ongekwalifiseerde, skoon oudit sonder bevindinge behaal, die eerste na etlike jare. Die agentskap se woordvoerder, Katlego Moselakgomo, sê die 2024/2025 finansiële jaar is ‘n bewys van gedissiplineerde beplanning en gefokusde lewering. Hy sê die agentskap het 95-persent van sy prestasieteikens suksesvol bereik, wat sy onwrikbare toewyding aan uitkomsgedrewe implementering bewys: