Skip to content

Bedrog-aangeklaagde Peet Viljoen onderhandel met die Staat oor ’n pleitooreenkoms

# Die geskorste prokureur en realiteits-TV-persoonlikheid Peet Viljoen is volgens berigte in onderhandeling met die staat oor ‘n moontlike pleitooreenkoms. Viljoen staan ​​tereg op nagenoeg 400 aanklagte, insluitend bedrog, diefstal, korrupsie en vervalsing, wat verband hou met die beweerde bedrieglike verkoop van 46 Johannesburgse munisipale eiendomme ter waarde van sowat 27-miljoen-rand in 2010. Die staat beweer vervalste dokumente is gebruik om die eiendomme oor te dra sonder die Stad Johannesburg se medewete of toestemming. Viljoen is in Junie in hegtenis geneem na hy uit Amerika gedeporteer is en hy bly in aanhouding na hy borgtog geweier is.