# Sokker: Bafana Bafana moes gisteraand tevrede wees met ‘n doellose gelykoptelling teen ‘n vasberade Nicaragua in hul opwarmingswedstryd op die Orlando-stadion voor hulle vertrek na die Wêreldbeker-toernooi. Dit was ‘n frustrerende en teleurstellende aand vir Suid-Afrika, wat nie daarin kon slaag om deur die besoekers se stewige verdediging te kom nie en Lyle Foster wat ‘n strafskop gemis het. Die span vertrek môre na Mexiko, waar hulle hul voorbereidings sal afsluit met ‘n vriendskaplike kragmeting teen Jamaika. Suid-Afrika begin hul Wêreldbeker-veldtog op 11 Junie wanneer hulle teen Mexiko te staan kom.
Bafana in doellose gelykopuitslag teen Nicaragua voor die Wêreldbeker