# Die Azanian People’s Organisation doen ‘n beroep op die regering van nasionale eenheid om met ‘n plan na vore te kom om die toenemende moorde in die land aan te spreek en misdaad op te los. AZAPO-woordvoerder, Nosipiwo Manona, sê daar is skaars ‘n week sonder nuus van ‘n meisie wat dood gevind, geskiet, verwurg, of verkrag en in die bosse agter gelaat is, of ‘n seun wat doodgeskiet of gesteek is. Sy sê die beveiliging van mense is ‘n reg en nie ‘n voorreg nie, veral vir kinders en vroue: