# Die VN se hoof van hulp, Tom Fletcher, sê Vrydag se hongersnoodverslag volgens die Geïntegreerde Voedselsekuriteitsfase-skaal is “onweerlegbaar”. Hy het in ‘n verklaring op sosiale media gesê dit is ‘n hongersnood wat voorkom kon word as hulp toegelaat was. Kos hoop egter op by grense as gevolg van sistematiese obstruksie deur Israel, wat lei […]
# Tennis: Wêreldnommer-drie Alexander Zverev sê hy is op koers vir die Amerikaanse Ope nadat hy op vriende en professionele hulp gesteun het om geestesgesondheidsprobleme aan te spreek wat by Wimbledon na vore gekom het. Die Duitser het ná sy eerste ronde-uittrede by die All England Club gesê dat hy alleen en leeg voel met […]
# ‘n Paroolraad in Kalifornië het parool geweier vir Lyle Menendez, wat saam met sy broer skuldig bevind is aan die moord op hul ouers in 1989. Erik Menendez is Donderdag parool geweier. Dit is ‘n verlammende slag vir beide broers ná jare se stryd om vrylating. Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het die […]
# Gholf: Jonathan Broomhead het sy vierde Sonskyntoer-titel binne 16 maande verower nadat hy Jean-Paul Strydom Vrydag in ‘n uitspeelwestryd op die eerste putjie in die Sunbet-uitdaging by die Wingatepark-buiteklub geklop het. Broomhead en Strydom het hul gewone spel gelykop in die eerste plek op 13 onder baansyfer voltooi na hul onderskeie laaste rondes van […]
# Die Amerikaanse Departement van Justisie het transkripsies en klankopnames van sy Julie-onderhoud met Ghislaine Maxwell vrygestel. Sy dien tronkstraf van 20 jaar uit omdat sy die oorlede finansier Jeffrey Epstein gehelp het om jong meisies te misbruik. Maxwell sê sy het Trump nog nooit in enige onvanpaste omstandighede gesien nie, en oudpresident Bill Clinton […]
# Rugby: Die Boland Kavaliers het ‘n oortuigende oorwinning in die Curriebeker-kompetisie behaal deur van ‘n 23-punte agterstand terug te veg om die Pumas met 29-26 op die Mbombela-stadion in Nelspruit te klop. Hawies Fourie en sy manne het vier uit hul vyf ligawedstryde gewen, met die enigste nederlaag teen die Griekwas in die tweede […]
# Die Verenigde Nasies se kantoor vir die Koördinasie van Humanitêre aangeleenthede sê onreëlmatige en intense reënvalpatrone, versterk deur klimaatsverandering, maak Pakistan kwesbaar. Swaar moesonreën en kitsvloede het sedert laat in Junie die dood van 739 mense veroorsaak, duisende dakloos gelaat en meer as twee-duisend huise verwoes. Meer as ‘n duisend stuks vee is verloor. […]
# Rugby: Aphelele Fassi sal môre vir die Springbokke op heelagter uitdraf in die tweede Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Kaapstad. Dit volg nadat Willie le Roux weens ʼn besering onttrek het. Hy sukkel met die besering sedert ʼn oefening vroeër die week en dit het nie betyds herstel nie. Fassi, wat al in 13 […]
# Die vise-president van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, waarsku die Russiese president, Vladimir Putin, kan nie vertrou word om enige belofte of ooreenkoms te eerbiedig nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se spesiale gesant, Steve Witkoff, het vroeër die week bevestig Putin het ingestem om Amerika toe te laat om Oekraïne van ernstige veiligheidswaarborge […]