# Die Universiteit van Pretoria en die Nanjing-universiteit van China het ʼn memorandum van verstandhouding onderteken om institusionele bande te smee wat gemik is op studente-uitruilprogramme en gesamentlike navorsingsprojekte. Die navorsing sal onderwerpe dek soos kankerbehandeling, volhoubare ontwikkeling, ingenieurswese en kunsmatige intelligensie. UP se visekanselier, Francis Petersen, sê die hoofdoel van hierdie vennootskap is die […]
# Die Metaalwerkersvakbond Numsa sê hy voer samesprekings met die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om strategiese vennote te kry om die Goodyear SA fabriek in die Oos-Kaap oor te neem. Die bande-vervaardiger in Kariega het sy deure verlede Vrydag gesluit met ‘n gevolglike 900 werkverliese. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle […]
# Die Nasionale Taxi-alliansie in Gauteng het hom gedistansieer van gerugte dat taxibestuurders verantwoordelik is vir die wrede aanvalle op e-taxibestuurders in Soweto. Die e-taxibestuurder Mthokozisi Mvelase is verlede week vermoor en sy motor aan die brand gesteek, na bewering deur taxibestuurders, terwyl hy by ‘n oplaaipunt by die Maponya-winkelsentrum in Soweto was. ‘n Passasier […]
# Twee studentespanne van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het eerste en vierde uit 40 gekom by die toonaangewende Cars4Mars African Rover-uitdaging. Die kompetisie wil Afrika-jeug besiel om loopbane in robotika, ruimtetegnologie en kunsmatige intelligensie te volg. Jongmense uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Nigerië, Kenia en Ghana het deelgeneem. Die TUT-spanne wat uit tweede- en derdejaarstudente bestaan, […]
# Die Stad Kaapstad sê ‘n totaal van 17 vroue baat tans by die nutsbystandprogram. Die program val onder die Uitgebreide Openbarewerkeprogram wat aan begunstigdes, veral vroue, ‘n geleentheid bied om hul kanse op werk in die arbeidsmark te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê in hierdie Vrouemaand vier hulle die lewenskragtigheid […]
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het nie ʼn amptelike kennisgewing van die metro ontvang oor die opskorting van die vaste elektrisiteitstarief nie. Burgemeester Nkosindiphile Xhakaza het verlede maand besluit om die instelling van die tarief van 126-rand op te skort na betogings in Tembisa. Die VF Plus Jennifer […]
# Eskom has launched its first Renewable Energy Offtake Programme by inviting large power users to procure 291-megawatts of solar photovoltaic capacity. This is through long-term power purchase agreements from the power utility-owned renewable energy sites. This comes as Eskom continues to develop a balanced energy mix, comprising coal, nuclear, gas, renewables, and energy storage […]
# Die Stad Tshwane se sake-eenheid vir Energie en Elektrisiteit gaan van vandag tot Donderdag instandhoudingswerk doen aan die Kentron-substasie in Centurion. Die werk sal daagliks minstens agt ure duur. Die metrowoordvoerder, Lindela Mashigo, sê die instandhoudingswerk sal kragonderbrekings veroorsaak in die gebiede wat deur die substasie van elektrisiteit voorsien word:
# Die Congress of the People sê hy veroordeel die wetteloosheid deur sekere elemente in die taxi-bedryf ten sterkste. Dit sluit in die onlangse moord op ʼn taxibestuurder by die Maponya-winkelsentrum in Soweto, en berigte van geweld, dreigemente en teistering van privaat bestuurders en passasiers. COPE se waarnemende adjunkhoofsekretaris, Arthur Ketile, sê hierdie misdadige optrede […]