# Die voorspraakbeweging Soil of Africa het ‘n landwye skoolprogram bekend gestel. Dis gerig op die ondersteuning van leerders wat deur misbruik, wanbestuur en sistemiese gebreke in die onderwysstelsel geraak word. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle gaan ook gemeenskappe betrek om oplossings te vind vir probleme wat die land se […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, is bekommerd oor opmerkings wat die bevoegdheid en integriteit van die Parlement se Regsdienste bevraagteken. Die dienste is onder die loep geneem in die ad hoc-komitee wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, bevestig Didiza se vertroue […]
# Die DA in Gauteng het strafregtelike klagte ingedien teen die voormalige hoof van die provinsiale Departement van Paaie en Vervoer, Ronald Swartz. Dit hou verband met onregmatige, ongemagtigde, vrugtelose en verkwistende uitgawes in die departement tussen die 2015/16- en die 2016/17-boekjaar. Evert du Plessis van die DA sê ʼn PriceWaterhouseCoopers-verslag oor bus-subsidies wat aan […]
# ʼn Nuwe navorsingsverslag maan die Suid-Afrikaanse Reserwebank om ʼn buigsamer monetêre beleidsraamwerk te aanvaar wat klimaatsrisiko’s in ag neem. Die skrywers, Admire Chirume, James Hurungo en Brandon Chinoperekweyi waarsku uiterste weerstoestande, droogtes, oorstromings en onderbrekings in voorsieningskettings kan vervaardigingskoste, inflasie en rentekoerse laat styg wat groei en werksgeleenthede bedreig. Hulle beveel ingeligte klimaatbeleide, scenario’s wat stres […]
# Die JSE-genoteerde Reit Growthpoint Properties sal die eerste in Suid-Afrika wees om die gebruik van hernubare energie op bou-vlak te sertifiseer en hernubare-energiesertifikate regstreeks aan huurders beskikbaar stel. Hulle sal saam met Fuel Switch ʼn blokketting-geaktiveerde groenenergie-projek aan huurders beskikbaar maak wanneer hulle e-CO2 groenenergie-projek in Oktober aktief word. Growthpoint se woordvoerder, Werner van […]
# ‘n Professor in Filosofie aan die Universiteit van die Witwatersrand, Lucy Allais, sê ryk lande het ‘n klimaatverpligting om energie-oordrag te finansier en die klimaatkrisis te temper. Afrika suid van die Sahara ontvang tans net vyf-persent van wêreldwye klimaatfinansiering vir oordrag soos hernubare energieprojekte en aanpassing by die gevolge van aardverwarming. Allais sê waar […]
# Die bekende taalkundige, Quinton Williams, lewer Maandag sy intree-lesing by die Universiteit van die Wes-Kaap. Intree-lesings is ʼn belangrike mylpaal in die universiteit se akademiese lewe en word gehou om die amptelike vordering van akademikus na volle professoraat te vier. Williams, van Bishop Lavis in Kaapstad, glo dis noodsaaklik dat veeltaligheid weer bedink word […]
# Die Wes-Kaapse E-taxi Vereniging eis ‘n openbare verskoning van die provinsiale polisie-kommissaris, Thembisile Patekile, omdat daar nie dringend opgetree word teen misdade teen e-taxi-operateurs nie. Die vereniging se adjunk- hoofsekretaris, Yusuf Moalim, sê die kommissaris het dadelik reageer op die gewelddadige aanval op drie DA-parlementslede in Philippi, Kaapstad, vroeër die week. Hy sê hulpbronne […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê nie een van sy Oryx-helikopters is in die Demokratiese Republiek die Kongo agtergelaat nie. Volgens berigte het die helikopters weens ʼn gebrek aan geld in die DRK agtergebly. Die SANW sê net een helikopter is verlede jaar tydens die Verenigde Nasies se vredesoperasies beskadig en sal herstel word. Hy […]