# Die Noordwes-Universiteit is benoem as een van die top drie universiteite in Suid-Afrika in die kategorie Beste Loopbaandiens by die toekennings van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die indiensneming van Gegradueerdes. Die toekennings vier uitnemendheid en innovasie by nagraadse indiensneming en ontwikkeling. Die kategorie Beste Loopbaandiens word bepaal deur terugvoer van werkgewers en nagraadse studente, […]
# Die Wes-Kaapse LUR van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die Franco Three Fountains-natuurreservaat beskerm unieke ekosisteme en bedreigde spesies. Die 20-hektaar natuurreservaat, geleë in die Klein Dassenberg-kleinhoewegebied naby Kaapstad, is as ‘n beskermde gebied verklaar. Dit is die eerste beskermde gebied wat toegewy is aan die beskerming van die seldsame en […]
# Die eThekwini-munisipaliteit het die land se eerste Wêreld-handelsentrum in die Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum opgerig. Dit maak Durban die eerste Suid-Afrikaanse stad om by die toonaangewende Wêreld-handelsentrumvereniging aan te sluit. Durban is nou deel van ʼn wêreldwye netwerk van meer as 300 wêreld-handelsentrums in byna 100 lande en sluit stede soos New York, […]
# Die Ministerie van Elektrisiteit en Energie is vandag gasheer vir die derde vergadering van die G20-werksgroep vir energieoordrag by Sun City in Noordwes. Die driedaagse vergadering is deel van Suid-Afrika se G20-vergaderings wat gevorderde beleidskoördinasie oor volhoubare energie, infrastruktuurontwikkeling en klimaatsweerstandigheid insluit. Onderwerpe wat bespreek word, sluit in strategiese vennootskappe om energiedoeltreffendheid in Afrika […]
# Die Johannesburgse Metropolisie sê drie verdagtes wat betrokke was by ‘n video wat op sosiale media versprei is, is in hegtenis geneem. Die video wys ‘n jong seun wat dwelms in ‘n bottelnek vir sy ma aansteek, wat hom toe aanmoedig om dit te rook in die teenwoordigheid van ander volwassenes. Die Metropolisie se […]
# ActionSA sê hulle sal nie die ANC se poging steun om Tshwane se stadsbestuurder, Johan Mettler, te verwyder nie, en waarsku dit sal onnodige onbestendigheid veroorsaak. Die ANC in die metro beweer daar is teenstrydighede met sy aanstelling. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê hulle glo in die skeiding tussen politieke en administratiewe […]
# Cycling: Four-time Tour de France winner, Tadej Pogačar, will miss this year’s edition of the Vuelta a España in Spain as he has opted to rest and prepare for his World Championship road race title defence. The 26-year-old Slovenian clinched his fourth Tour title on Sunday. The Vuelta is the only one of the […]
# Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, neem Vrydag deel aan ‘n dialoog oor vroue in die handelswêreld by die Sandton-konferensiesentrum in Gauteng. Dit is deel van die Vrouemaand-herdenking met die tema, Die Bou van Veerkragtige Ekonomieë vir Almal. Die minister gaan ‘n paneelbespreking lei, wat fokus […]
# Cricket: All-rounder Mitch Owen is in contention to make his one-day international debut after being included in both Australia’s T20 and ODI squads for next month’s home series against South Africa. The 23-year-old was impressive in the T20 series against the West Indies, scoring 125 runs and taking two wickets. Key players Travis Head […]