# Suid-Afrika se gesondheidsorgsektor word toenemend deur kuberaanvalle bedreig. Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdienste is ‘n onlangse slagoffer van ‘n losprys-aanval. ‘n Regskenner, Safia Mahomed, het in ‘n onderhoud met Moneyweb gesê dringende hervormings is nodig, insluitend strenger bestuur, etiese regulering van kunsmatige intelligensie en beter infrastruktuur. Die gesondheidsorgsektor verteenwoordig 32-persent van die uitlekgevalle van data landwyd […]
# Die regering moedig jongmense aan om hulle eie ondernemings te begin en sê entrepreneurskap is een van die beste maniere om ʼn beter toekoms te bou. Projekte soos die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap se toelaagprogram en Jeuguitdagingsfonds wil swart ondernemings en voorheen benadeelde groepe help. Die regering se woordvoerder, Mfundo Nkosi, sê meer word gedoen om […]
# Golf: PGA Tour commissioner Jay Monahan will step down when his contract ends next year after being at the helm since 2017. He will be replaced by former National Soccer League executive vice president, Brian Rolapp, who has been named as CEO. Monahan will focus on his role as a member of the PGA […]
# Die Universiteit van Johannesburg vier die 2025 National Geographic Wayfinder-toekenning van Suid-Afrika se doktor Tebogo Makhubela. Makhubela, ‘n geoloog en speleoloog, is een van slegs 15 wêreldwye ontvangers vanjaar. Die 35-jarige se reis van student tot toonaangewende navorser het baanbrekerswerk by die Wieg van die Mensdom ingesluit. Die toekenning is deur die National Geographic […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra die burgerlike samelewing om die Nasionale Dialoog te ondersteun en noem dit die betekenisvolste inisiatief sedert die begin van demokrasie. Volgens hom word dit deur mense van reg oor die samelewing gelei om oor die toestand in die land te besin en die toekoms te herbeplan. Makaneta sê hy […]
# Athletics: The world’s fastest man, Usain Bolt, has officially been named a Guinness World Records Icon. The former Jamaican sprinter was given the honour for his achievements in the sport and for being a global inspiration. His 9.58-seconds is the fastest anyone in the world has run over 100-metres, while his time of 9.63-seconds […]
# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse behuisingsagterstand is tans 688-duisend-824 huishoudings en dit neem toe. In 2024/2025 het die provinsie slegs drie-duisend-46 Breaking New Ground-eenhede voltooi en een-duisend-331 Finansieringsgekoppelde Individuele Subsidieprogram-eenhede. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dis vier-duisend-377 huise wat net 0,6-persent van die agterstand is:
# Die Stad Kaapstad het die omstrede Buitengracht 150-ontwikkeling op die rand van die Bo-Kaap goedgekeur. Die projek sluit in 40 woonstelle, winkelruimte, ʼn dak-restaurant en ondergrondse parkering. Na sterk teenkanting uit die gemeenskap, is aanpassings gemaak om onder meer die hoogte en voetspoor te verklein om die gebied se erfenis te beskerm. Die Suid-Afrikaanse […]
# Banke het in 2024, die warmste jaar ooit wat aangeteken is, sowat 15,9-duisend-miljard-rand se fossielbrandstowwe gefinansier. Dit is ‘n skerp styging van die vorige jaar. Volgens die Banking on Climate Chaos-verslag wat die wêreld se top 65 banke dek, het fossielbrandstof-finansiering sedert 2016 se Paryse Ooreenkoms 126-duisend-miljard-rand gehaal. JP Morgan Chase is die wêreld […]