# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, het ‘n dissiplinêre raad gestig om finansiële wangedrag en onwettige, ongewone, nuttelose en verkwistende uitgawes te ondersoek. Die minister van Finansies, Enogh Godongwana, het vroeër die maand gedreig om befondsing van die metro te onttrek as die burgemeester nie vorendag kom met ‘n omvattende program om ongemagtigde uitgawes teen […]
# Die Universiteit van Kaapstad het 26 individue vereer wat by die instelling geaffilieer is of was, en in die 2025 Mail & Guardian 200 Young South Africans verskyn het. M&G vereer jaarliks ʼn groep Suid-Afrikaners wat erken word vir hul invloed op en veranderinge aan die werk wat hulle doen. Die individue sluit in […]
# Die DA verwelkom die publisering van die blokvrystellingsregulasies vir die suikerbedryf, en sê dit sal verligting bring vir ʼn bedryf wat plaaslike en globale uitdagings ondervind. Die vrystelling laat spesifieke rolspelers in die suikerbedryf toe om saam te werk oor prysbepalingmetodes en ander aktiwiteite wat gewoonlik onder die Wet op Mededinging beperk word. ʼn […]
# Rhodes Universiteit gaan sy ikoniese Regsgebou amptelik na een van sy hooggeplaaste oudstudente en uittredende kanselier, regter Lex Mpati, vernoem. Dis ter herdenking van sy 120ste bestaansjaar en meer as ʼn eeu se akademiese uitnemendheid en belangrike bydraes tot die Suid-Afrikaanse regslandskap. Mpati, wat 13 jaar die kanselier was, sê hy is trots op […]
# Die polisie- en gevangenisvakbond, Popcru in Limpopo versoek die provinsiale Departement van Vervoer om dringend die prosedures met die vervoer van gevangenes te ondersoek en versterk. ‘n Polisievangwa wat elf gevangenes na die hof in Mokgophong vervoer het, het gister teen ‘n vragmotor gebots. Ses van die gevnagenes en ‘n polisiebeampte is dood. Phuti […]
# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse veiligheidsplan van ʼn multimiljoen-rand werk nie. Die plan sou die moordsyfer oor ʼn tienjaartydperk met 50-persent verminder en geweld oor die algemeen verlaag. Daar was tussen Mei en Julie vanjaar meer bende-verwante massaskietvoorvalle as in dieselfde tydperk verlede jaar. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê in Julie alleen is […]
# Die vakbondfederasie Saftu sê dis nie ‘n daad van empatie om ongedokumenteerde werkers te huur nie, maar ‘n hartelose kapitalistiese taktiek om die hoogste wins te maak deur die mees weerlose mense uit te buit. Om ongedokumenteerde migrante aan te stel is ‘n misdaad en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van Saftu, Asive […]
# Build One South Africa vra die Departement van Vervoer om dringend die langverwagte regulasies vir die e-taxibedryf af te handel en regulasies vir die minibustaxi-bedryf te moderniseer. Dit volg op Woensdagaand se skietvoorval by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto, toe ʼn e-taxibestuurder doodgeskiet en twee voertuie aan die brand gesteek is. ‘n BOSA-lid van […]
# Die GOOD-party sê hy gaan aan die nasionale dialoog deelneem om werkloosheid onder die jeug te bespreek omdat dit volgens hom maatskaplike bestendigheid bedreig. Die nasionale dialoog se eerste konvensie word vandag en môre in Pretoria gehou. Die party se jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê dit gaan baie meer kos om werkloosheid onder die jeug […]