# Die VF Plus is bekommerd oor die Stad Kaapstad se voorgestelde wysigings aan die munisipale beplanningsverordeninge en sê dit ondermyn deursigtigheid en betekenisvolle openbare deelname. Pieter Janse van Vuuren van die party sê die veranderinge plaas ‘n onregverdige las op inwoners om beplanningsbesluite te monitor en kan die rol van gemeenskapsorganisasies beperk wat beswaar […]
# CapeNature het gister op ‘n waarderingsgeleentheid in Velddrif die brandbestryders en veldwagters vereer ná een van die Wes-Kaap se moeilikste veldbrandseisoene. Die uitvoerende hoof, Ashley Naidoo, sê spanne het gereageer op 107 veldbrandvoorvalle waarin meer as 215-duisend-900 hektaar vernietig is, en het gehelp om gemeenskappe, infrastruktuur en bioverskeidenheid te beskerm. Die Wes-Kaapse LUR vir […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, en die Adjunkminister Mkhuleko Hlengwa verwelkom die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit. Hulle sê die uitkoms vir die 2025/2026-boekjaar weerspieël die departement se voortgesette verbintenis tot goeie staatsbestuur, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur. Woordvoerder, Collen Msibi, sê in die 2024/25-boekjaar het die departement vir die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika ondersteun die Afrika-Unie se langdurige besluit om ‘n migrasiekonferensie vir die vasteland byeen te roep. Lamola het tydens ‘n inligtingsessie aan die media gesê die byeenkoms moet migrasie aanspreek, asook vrede, ekonomiese ontwikkeling, streeksintegrasie en demokratiese regering. Hy sê die konferensie moet ook […]
# SANParke vier die 60ste bestaansjaar van die Augrabies Nasionale Park in die Noord-Kaap, wat een van Suid-Afrika se mees ikoniese natuur-trekpleisters is. Die park is op 5 Augustus 1966 geproklameer en beskerm ‘n unieke dorre ekostelsel, die waterval van 56 meter en die graniet-skeur van 18 kilometer. JP Louw van SANParke het werknemers, omliggende […]
# Die Madlanga-kommissie het bewerings aangehoor dat die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, ingemeng het met die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se werk. Advokaat Drushantha Ramsamy het getuig die voormalige hoof, Andrea Johnson, het herhaaldelik verwys na besprekings met Mchunu om die polisie ‘skoon te maak’. Ramsamy beweer Johnson het ook inligting gesoek om die […]
# Die Wêreldbank sê kunsmatige intelligensie kan produktiwiteit en ekonomiese groei in ontwikkelende lande aansienlik verhoog as regerings in die regte grondbeginsels belê. Volgens die Wêreldontwikkelingsverslag vir 2026 kan KI produktiwiteit in meer as 16-persent van werksgeleenthede in ontwikkelende ekonomieë betekenisvol verbeter. Hoofekonoom, Indermit Gill, sê lande het nie gevorderde KI-modelle nodig om voordeel te […]
# Die direkteur-generaal van die Nasionale Tesourie, Duncan Pieterse, sê beleggers toon sterk vertroue in die regering se infrastruktuur-befondsingsprogram. Hy het op ‘n Absa-konferensie gesê die jongste veiling van infrastruktuur-effekte het aanbiedings van 17,8-miljard-rand gelok teenoor die vyf-miljard-rand wat beskikbaar gestel is. Effekte van 4,4-miljard-rand is toegeken. Pieterse sê die geld sal gebruik word om […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra die onmiddellike opskorting van die Inligtingsreguleerder se opdrag dat werknemers onmiddelik moet terugkeer werk toe. Die vakbond sê werknemers is gedwing om na die Woodmead-kantore terug te keer ondanks ‘n onopgeloste verbodskennisgewing van die Departement van Indiensneming en Arbeid. Woordvoerder Claude Naicker sê die reguleerder verontagsaam werkplek-veiligheidswette en versuim […]