# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Zuko Godlimpi, sê die Amerikaanse tarief van 30-persent bedreig ongeveer 30-duisend Suid-Afrikaanse werksgeleenthede en dekades se handelsvennootskappe. Godlimpi het tydens die Uitvoersimposium en Ekspo gesê dit is ‘n wekroep vir Suid-Afrika om sy handelstrategie te heroorweeg, markte uit te brei en veerkragtigheid te bou, terwyl hy die […]
# Die Madlanga-kommissie in Pretoria sal nie vandag vergader nie, teneinde die regsgeding op te los oor die vraag of môre se getuie agter geslote deure sal praat. Die voorsitter van die kommissie, afgetrede adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, sê die besluit volg op voortgaande veiligheidskwessies. Intussen het getuienisleier Adila Hassim WhatsApp-boodskappe namens getuie X oorhandig, waarin […]
# Sokker: Brasilië se afrigter, Carlo Ancelotti, sê sy span het geestelik ineengestort in hulle nederlaag van 3-2 teen Japan in ‘n vriendskaplike wedstryd in Tokio, en waarsku hulle sal uit hulle foute moet leer voor die Wêreldbekertoernooi. Brasilië het ‘n voorsprong van twee doele deur hulle vingers laat glip toe Japan in die tweede […]
# Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye groei vanjaar verhoog en ‘n minder as verwagte ekonomiese uitwerking van president Donald Trump se tariefbeleid aangedui, terwyl hy waarsku oor risiko’s wat voorlê. Die fonds se vlagskip-verslag oor wêreld-ekonomiese vooruitsigte is saamgestel voor die jongste tariefgeskil tussen Amerika en China. Die voorspelling vir vanjaar […]
# Krieket: Die voormalige Engelse ster-bouler Stuart Broad sê Australië het die swakste span sedert 2010. Die woordestryd is aan die toeneem voor die reeks om die As. Broad het reageer op die voorspelling deur die gewese Australiese kolwer David Warner dat die besoekers die reeks van vyf toetse wat volgende maand begin, 4-0 gaan […]
# Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, sal hierdie week Suid-Afrika se afvaardiging in Washington lei op die G7-ministersvergadering oor ontwikkeling. Sy sal Suid-Afrika se verbintenis tot die versnelling van globale ontwikkelings-doelwitte herbevestig en voortbou op die vordering van die G20-ministersvergadering in Skukuza. Die woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Ramokgopa […]
# Die Europese Unie het die luukse modehandelsmerke Gucci, Chloe en Loewe boetes van meer as drie-miljard-rand opgelê vir die vasstelling van herverkooppryse. Dit volg nadat die Europese Kommissie in April 2023 verrassingsklopjagte op die maatskappye gedoen het. Die kommissie sê hy het die boetes opgelê omdat die drie handelsmerke onafhanklike kleinhandelaars se vermoë beperk […]
# Venezuela announced it would close its embassy in Oslo, days after opposition leader María Corina Machado was awarded the Nobel Peace Prize. The Nobel Committee in Oslo awarded Machado the prize in recognition of her work promoting democracy in Venezuela, while the Venezuelan leader Nicolás Maduro called the 58-year-old laureate a demonic witch. The […]
# British prime minister Sir Keir Starmer on Tuesday told the House of Commons the ceasefire in the Middle East would not have been possible without US president Donald Trump. He described what happened as a moment of profound relief for many people, although it is tempered by the knowledge of what has happened. Starmer […]