# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, is diep bekommerd ná ‘n gewelddadige voorval by die Maponya Winkelsentrum in Soweto, waarin een persoon dood en verskeie ander beseer is. Kubayi het aanvalle op e-taxi-operateurs veroordeel en noem dit skendings van grondwetlike regte. Die minister bepleit gesonde mededinging in die vervoersektor en belowe […]
# Die DA verwelkom die SAPD se stap om twee Kaapse hondehanteerders en hul honde na Roodeplaat in Gauteng te stuur vir spesialis-narkotika-opleiding. Vier medies geskikte honde wat kursusgereed is, het nog nie opleiding ontvang nie. Daar is tans slegs een operasionele SAPD-narkotikahond in die provinsie. Die DA-lid, Nicholas Gotsell, sê dit ontbloot die SAPD […]
# Diere-welsynsorganisasies, insluitend Humane World for Animals South Africa en Stop Live Export SA, vra die publiek om nuwe regeringsregulasies teen te staan wat die uitvoer van lewendige diere vir slagdoeleindes toelaat. Hulle waarsku dat die gebruik geweldige lyding veroorsaak en meestal groot kommersiële boere bevoordeel eerder as kleinskaalse produsente. Michelle Taberer van Stop Live […]
# Rugby: Die Springbok-heelagter Aphelele Fassi sien uit na die geleentheid om stelskoppe by sy arsenaal te voeg in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Johannesburg. Hy sal moontlik die skop-verantwoordelikhede met die losskakel Manie Libbok deel, wat die enigste ander erkende stelskopper in die groep is. Fassi sê hy oefen nou al geruime […]
# Die voormalige Springbok-speler en afrigter van Westelike Provinsie, Dawie Snyman, is in die ouderdom van 76 jaar dood. News24 berig Snyman, wat tussen 1972 en ’77 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel het, is verlede maand met leukemie gediagnoseer. Hy word onthou vir die reeksoorwinning oor die All Blacks in 1976 en vyf agtereenvolgende Curriebeker-titels […]
# Brittanje se ekonomie het bo verwagting presteer in die tweede kwartaal, nadat dit die uitwerking van Amerikaanse tariewe en ‘n hoër sakebelasting moes absorbeer. Die bruto binnelandse produk het met 0,3-persent gegroei in die tydperk van April tot Junie, wat ontleders se voorspellings van 0,1-persent oortref het, nadat dit 0,7-persent in die eerste kwartaal […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra Statistieke SA om sy beplande hersienings van die arbeidsmagopname-metodes te bespoedig om die vaslegging van indiensneming in die informele sektor te verbeter. Die vakbond sê dit kan ‘n duideliker beeld van ekonomiese bedrywighede verskaf en meer doeltreffende beleidsreaksies ondersteun. Die woordvoerder, Claude Naiker, sê Suid-Afrika se stygende werkloosheid is […]
# Die minister van Kleinsakeontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams doen ‘n beroep op koöperasies en entrepreneurs om deel te neem aan die eerste fase van die Nasionale Dialoog wat môre in Pretoria begin. Dit volg na die onttrekkings van nalatenskapstigtings, insluitende die Thabo Mbeki en FW de Klerk Stigtings, en groepe soos AfriForum en Solidariteit oor befondsing- […]
# Cosatu het minister van Finansies, Enoch Godongwana, se besluit verwelkom om ondersoek in te stel na die huur van ‘n gebou deur die Regering-pensioenadministrasie-agentskap vir bykans een-miljard-rand. Die vakverbond sê die agentskap administreer fondse vir die Staatsdiens-pensioenfonds ten bate van 1,7-miljoen werkers en pensionarisse. Woordvoerder van Cosatu, Zanele Sabela sê die agentskap het die […]