# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het beleggers aangespoor om te help om Afrika se jaarlikse waterbeleggingstekort van 528-miljard-rand te oorbrug. Majodina het tydens die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad gewaarsku ekonomiese en maatskaplike vooruitgang verkeer in gevaar sonder dringende optrede. Sy het ook onthul Suid-Afrika het 23-miljard-rand vir damprojekte verseker, maar […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê munisipaliteite behoort noodwaterverspreiding met tenkwaens in te kontrakteer om die watermafia te beperk. Sy het op die Afrika-Unie Waterbeleggingsprogram in Kaapstad gevra dat diegene wat waterinfrastuktuur saboteer, van verraad aangekla moet word. Majodina waarsku dat sulke dade die watertoevoer na 63-mijoen mense in gevaar stel. […]
# Duitsland vra die Israelse regering om die bou van nedersettings aan die Wesoewer te staak. Die volg nadat Israel se ver-regse minister van Finansies, Bezalel Smotrich, aangekondig het dat bouwerk binnekort sal begin aan duisende huise wat die Palestynse gebied sal verdeel. Duitsland se Ministerie van Buitelandse Sake het in ‘n verklaring die Israelse […]
# Onderrig en leerwerk is ontwrig by skole in Lotusrivier in Kaapstad ná waarskuwings oor moontlike gewelddadige bende-gevegte nadat ‘n man Woensdag doodgeskiet is. Ouers het gister hul kinders vroeg gaan haal en skolevervoer het voor skedule vertrek. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig skole is as ‘n veiligheidsmaatreël gesluit en ouers word aangeraai om slegs […]
# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê versplintering in e-taxi-leierskap belemmer vordering met die oplossing van bedryfsgeskille. Tlabela het voor Maponya Winkelsentrum gepraat ná die dood van ‘n e-taxi-bestuurder en gesê die departement beplan om die sektor te formaliseer om deurlopende betrokkenheid te verseker en onwettige bedrywighede aan te pak. Sy […]
# Die vakbondfederasie Saftu sê hy gaan nie deelneem aan die nasionale dialoog wat vandag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane begin nie. Saftu sê die proses word beheer deur die regering, is nie deursigtig nie, en ignoreer die stemme van die werkers en die gemeenskappe. Asive Dyani van Saftu sê hy wil ‘n […]
# Die UDM het gister se moord op ‘n e-taxi-bestuurder by die Maponya Winkelsentrum in Soweto, veroordeel en beskryf as ‘n aanval op veiligheid en lewensbestaan in die vervoersektor. Yongama Zigebe van die UDM doen ‘n beroep vir dringende regeringsoptrede, asook optrede deur die SAPD en die Gautengse Vervoerdepartement om die voortdurende spanning tussen taxi’s […]
# ‘n Russiese afvaardiging het in Noord-Korea aangekom kort nadat die lande se leiers beloof het om samewerking te versterk. Die Russiese president, Vladimir Putin, en die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het Dinsdag telefonies gepraat voor Putin se ontmoeting met Donald Trump op ‘n beraad in Alaska, waar die Amerikaanse president gaan probeer om […]
# Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn om die nuwe kwotas vir gelyke indiensneming te betwis. Die organisasies voer aan die ras- en geslagsgebaseerde kwotas, wat volgende maand in werking sal tree, is sonder behoorlike raadpleging ingestel, sal duur wees en moeilik vir ondernemings om om […]