# Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe sê die 30-persent Amerikaanse invoertarief vererger die druk op die sukkelende staalsektor. Die bemarkingsbestuurder, Nuraan Alli, het by die Rand Mutual Assurance Prevention Conference in Durban, KwaZulu-Natal, gesê produksie het verlede jaar met 1,4-persent gedaal en 2023 se wins omgeswaai. Sy waarsku die tarief beïnvloed alle uitvoerders […]
# Die strategieleier van The Green Connection, Liz McDaid, sê die regering en Shell gaan appeleer teen die bevel van die Hooggeregshof wat die regering se goedkeuring om aflandige-olieboorwerk langs die Suidweskus in Blok vyf-sewe tersyde gestel het. Die regsadviseur, Shahil Singh, beskryf die besluit as ‘n groot oorwinning vir klimaatsgeregtigheid, kusgemeenskappe en kleinskaalse vissers. […]
# Die Activists and Citizens Forum sê President Cyril Ramaphosa se plan om die Madlanga-kommissie van ondersoek aan te stel ná KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, generaal Ntlantla Mkhwanazi, se bewerings in Julie, is ‘n vertragingstaktiek om die waarheid te onderdruk. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hy is nie verbaas óf geskok oor die skielike struikelblokke […]
# China sê hy is gekant teen oproepe deur Amerika se president, Donald Trump, op Europese lande vir ekonomiese druk op China oor die oorlog in Oekraïne. China het nog nooit Rusland se oorlog veroordeel of gevra dat hy sy troepe aan Oekraïne onttrek nie, terwyl talle van Oekraïne se bondgenote glo China staan Rusland […]
# Rugby: Die hulpafrigter van die Springbokke, Mzwandile Stick, het hom nie veel gesteur aan die druk van ‘n toets op Eden Park nie en fokus op hulle voorbereiding vir die wedstryd môre teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap. Hy sê hulle gaan op die statistieke fokus en nie op die geskiedenis nie, omdat […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom die Stad Johannesburg se besluit om sy omstrede verordening op privaat kringtelevisiestelsels te heroorweeg. Die verordening sou eienaars van eiendomme met privaat kameras gedwing het om jaarlikse fooie te betaal en toegang tot beeldmateriaal te verskaf. Die organisasie en die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging het regstappe gedoen en aangevoer die wet […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê die veredeling en waardetoevoeging van kritieke minerale moet ‘n meer volhoubare en inklusiewe groeimodel ondersteun. Lamola het tydens die B20-beraad in Sandton beklemtoon Suid-Afrika kan nie meer op ontginningskettings uit die verlede staatmaak nie. Hy het plaaslike beleggings en tegnologie-oordrag aangemoedig om werk te skep, ekonomieë […]
# Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, moet haarself skaam en nie besorg wees nie, oor die poste wat verlore gaan by maatskappye soos ArcelorMittal, Ford, en Goodyear. Die IRV blameer jarelange ANC-beleide, insluitende streng arbeidswette en minimumloon-reëls vir die groter werkloosheid. Hermann Pretorius van die instituut […]
# Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein, Philippi-Oos, Delft, Nyanga en […]