# Switserland sal die Russiese president, Vladimir Putin, immuniteit toestaan as hy aan vredesonderhandelings oor Oekraïne wil deelneem, ondanks die Internasionale Strafhof se lasbrief vir sy inhegtenisneming. Die minister van Buitelandse Sake, Ignazio Cassis, sê Putin sal wel toegelaat word. Die Franse president, Emmanuel Macron, het verwys na ‘n moontlike vredesberaad tussen Putin en sy […]
# Die Suid-Afrikaanse Meter-Taxi en e-Taxi Vereniging het hom daartoe verbind om saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad te werk om die vervoersektor veiliger te maak na die e-taxi aanval by die Maponya-winkelsentrum in Soweto. Die vereniging werk saam met die privaat sektor om veiligheid, nakoming, en innovering te verbeter. Die voorsitter van die vereniging, […]
# Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het ‘n reuse plan van stapel gestuur om teen die 2025/2026-boekjaar sy toksikologie-agterstand met die helfte te verminder. Die plan sluit nuwe laboratoriumtoerusting, bykomende tegniese personeel en toegewyde verwerkingseenhede in beide Johannesburg en Pretoria in Gauteng in om die ou sake afsonderlik van nuwes te verwerk. Die woordvoerder, Mzi Gcukumana, sê […]
# South Africa Wine het strategiese prioriteite aangekondig, in reaksie op die Buro vir Voedsel en Landboubeleid se Baseline 2025-verslag wat voorspel dat wynproduksievolumes laer as historiese vlakke sal stabiliseer. Die uitvoerende hoof van SA Wine, Rico Basson, sê die wynboubedryf moet fokus op waarde eerder as volume, klimaatsaanpassing, markdiversifisering en inklusiwiteit. Sleutelprioriteite sluit in […]
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis, bied vandag ‘n hoëvlak-beraad oor internasionale humanitêre reg in Pretoria aan. Die geleentheid, onder leiding van die adjunkminister, Alvin Botes, sal poog om respek vir internasionale humanitêre reg te herbevestig en Afrika se rol in die versterking van wêreldwye […]
# Die Wêreldnatuurfonds Suid-Afrika sê volhoubare ontwikkeling van die oorgangsmineraalbedryf moet hierdie jaar op die G20 agenda verskyn. Die Wêreldbank voorspel dat wêreldwye aanvraag vir minerale soos litium, kobalt and grafiet sal teen 2050 tot 500-persent styg. WWF SA moedig Afrika-lande aan om nie uitbuitende mynpatrone te herhaal nie, deur sirkulêre nywerhede te aanvaar, en […]
# Krieket: Die draaibouler Keshav Maharaj het die ergste verwoesting gesaai om die Proteas te help om Australië met 98 lopies te klop in die eerste eendagwedstryd in Cairns. Hy het vyf paaltjies geneem vir 23 en die gasheer is vir 198 uitgeboul. Die Protea-aanvangskolwer Aiden Markram het vroeër die hoogste telling van 82 aangeteken […]
# ActionSA se leier Herman Mashaba het die dood van ‘n vierjarige meisie van Eldoradopark, Nikita, wat na bewering deur haar pa mishandel is, beskryf as ‘n afgryslike voorbeeld van die geslagsgeweldkrisis. Albei ouers het gister hul borgtogaansoeke laat vaar. Mashaba het tydens die begrafnis in Johannesburg gewaarsku dat die land sonder etiese leierskap en […]
# ActionSA sê die Departement van Gesondheid mislei Suid-Afrikaners met radio-advertensies wat beweer damprook is net so skadelik soos rook. Die party voer aan dit is vals propaganda en ondermyn die Parlement terwyl die Tabakwetsontwerp onder hersiening is. Matthew George van ActionSA sê die party het ‘n klagte by die Regulerende Owerheid vir Advertensies ingedien […]