# Die Vyfde Afrika Verpleegkonferensie begin vandag by die Birchwood Hotel in Boksburg, Johannesburg. Die twee-dag-konferensie wat deur die Departement van Gesondheid en die Stigting vir Professionele Ontwikkeling aangebied word, fokus op die bemagtiging van verpleegkundiges om ongelykhede aan te spreek. Die departementele woordvoerder sê die konferensie rondom die bemagtiging van verpleegkundiges as katalisators vir […]
# Krieket: ‘n Borgskap van 900-duisend-rand vir Zimbabwe Krieket sal regstreeks aangewend word om die land se vyf eerste-vlak provinsiale spanne te ondersteun. Die Eagles, Rhinos, Tuskers, Mountaineers en Southern Rocks, wat aan die Loganbeker, die Pro50-kampioenskap en die plaaslike T20-kompetisie deelneem, sal die plaaslike finansiële instelling CABS se steun belê in sleutelbedrywighede soos afrigting, […]
# Fans of heavy metal legend Ozzy Osbourne will be given a chance to pay their respects when his cortege travels through his home city of Birmingham later today. Osbourne died aged 76 on 22 July. His death came less than three weeks after he took part, along with his band mates, in Black Sabbath’s […]
# Die Kremlin sê Rusland is nog steeds daartoe verbind om vrede in Oekraïne te bewerkstellig. Dit volg na die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om sy sperdatum vir ‘n einde aan die konflik te verkort. Trump het vroeër gesê hy wil die oorspronklike sperdatum van 50 dae na “10 of 12 dae” verminder […]
# Die Sitruskwekersvereniging waarsku Suid-Afrika se sitrus-bedryf kan reuse-verliese te wagte wees indien ‘n nuwe Amerikaanse invoertarief van 30-persent Vrydag in werking tree. Die vereniging sê boorde van ongeveer een-duisend hektaar kan onlewensvatbaar word, wat duisende werksgeleenthede in die Wes- en die Noord-Kaap in gevaar sal stel, aangesien meer as sewe-miljoen kartonne sitrusprodukte jaarliks na […]
# AfriForum doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om sterk standpunt in te neem oor plaasmoorde. Dit volg na ‘n verslag deur die Amerikaanse regering wat sê plaasmoorde in Suid-Afrika is nie gewone misdaad nie. Die verslag kritiseer politici vir hulle stilte. Jacques Broodryk van AfriForum het Ramaphosa versoek om die kreet ‘Kill the […]
# Die adjunkminister van Arbeid en Indiensneming, Judith Nemadzinga-Tshabalala, waarsku oor globale risiko’s as gevolg van dalende steun vir multilaterale arbeidsinstellings. Sy het tydens die 4de G20-werkgroepsvergadering in George in die Wes-Kaap gesê werksverliese by die Internasionale Arbeidsorganisasie verswak globale arbeidsbeskerming. Nemadzinga-Tshabalala is ook bekommerd oor die toenemende geopolitieke spanning en handelstariewe, veral vanaf die […]
# Swem: Die trots van Pretoria, die 21-jarige Pieter Coetzé, het die goue medalje in die 100-meter-rugslag gewen op die Wêreld-watersportkampioenskap in Singapoer. Hy het ook ‘n nuwe Afrika-rekord opgestel. Dit volg nadat Coetzé verlede week die goue medalje ingepalm het op die Wêreldstudentespele in Berlyn.
# Rugby: Die Wallabies sowel as die Britse en Ierse Leeus het beserings-terugslae ondervind voor Saterdag se laaste toets in Sydney. Die gashere sal moet klaarkom sonder die veteraan-stut, Allan Alaalatoa, wat sy skouer beseer het in die tweede toets in Melbourne. Die Leeus-senter Garry Ringrose sal ook die laaste toets misloop nadat ‘n kopbesering […]