# Limpopo se voormalige LUR vir Veiligheid en Sekerheid, die verbanne senior advokaat Seth Nthai, het skuldig gepleit op ‘n aanklag van korrupsie. Hy het erken dat hy vyf-miljoen-rand se omkoopgeld van ‘n Italiaanse sakeman probeer bekom het terwyl hy die Suid-Afrikaanse regering in ‘n myn-regsgeding verteenwoordig het. Sy naam is in 2013 van die […]
# Sokker: Bayern Munich het die Premierliga-kampioen Liverpool se voorspeler, Luis Diaz, gekontrakteer vir ‘n bedrag wat volgens berigte kan styg tot 1,5-miljard-rand. Die Colombiaan het tydens sy tydperk op Anfield die Premierliga, die FA-beker en die Ligabeker gewen. Sy kontrak met die Bundesliga-kampioen strek tot 2029. Diaz het verlede seisoen 50 wedstryde in alle […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, is die gasvrou van die G20-arbeids- en indiensneming-ministersvergadering by die Fancourt Hotel in George, Wes-Kaap. Die tweedaagse geleentheid volg op die 4de vergadering van die G20-werkgroep wat hierdie week gehou is, waartydens die ministeriële verklaring voorberei is. Hierdie vergadering voltooi vier van die G20-werkgroep-vergaderings wat fokus […]
# Vyftien Westerse lande vra ander lande om ‘n Palestynse staat te erken. Ministers van Buitelandse Sake het na ‘n vergadering in New York ‘n gesamentlike verklaring uitgereik wat die twee-staat-oplossing weer laat opleef. Frankryk se president, Emmanuel Macron, het verlede week aangekondig dat hy Palestina se staatskap in September amptelik sal erken, wat sterk […]
# Krieket: Suid-Afrika en Australië speel teen mekaar in een halfeindstryd van die Wêreldkampioenskap van Legendes, maar daar is groot onsekerheid oor die ander wedstryd tussen die aartsvyande, Indië en Pakistan. Hulle groepswedstryd is vroeër afgestel nadat sommige Indiese spelers geweier het om te speel weens die onlangse grens-botsings. ‘n Indiese borg het ook aan […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, bepleit ‘n groter fokus op die rol wat vroueleiers in die bevordering van inklusiewe en blywende vrede speel. Didiza het in Genève tydens die 15de Spitsberaad van Vrouespeakers in die Parlement gesê vroue dra steeds die las van veiligheid en sekerheid, maar word nie ingesluit by […]
# Die vier beskuldigdes in die moord op DJ Sumbody en sy lyfwagte staan nou tereg op nog aanklagte nadat die polisie hulle verbind het met ander hoë-profielmoorde in Gauteng. Katiso Molefe, Michael Pule Tau, Musa Kekana, en Tiego Mabusela word glo verbind met die moorde op Hector Buthelezi, ook bekend as DJ Vintos, en […]
# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê die span is besig met voorbereidings vir ‘n moeilike Rugbykampioenskapsveldtog wat op 16 Augustus teen die Wallabies in Johannesburg afskop. Hy het die belangrikheid van die twee-weke oefenkamp beklemtoon en gesê dit is noodsaaklik om te verseker dat afrigters, spelers, en die hele bestuurspan belyn is en reg […]
# Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, sê dit is nie ‘n uitgemaakte saak dat Suid-Afrika teen Vrydag ‘n gunstige handelsooreenkoms met Amerika sal sluit nie. Dangor het tydens ‘n lesing voor die Kgalema Motlanthe Stigting in Sandton gewaarsku dat eise oor binnelandse beleide soos swart ekonomiese bemagtiging die proses bemoeilik. Hy […]