# Die Britse eerste minister Keir Starmer het president Volodymyr Zelensky gister omhels nadat die leier van Oekraïne na Londen gevlieg het na sy konfrontasie met die Amerikaanse president Donald Trump in die Withuis. In Londen het ‘n skare Zelensky toegejuig toe hy aangekom het vir samesprekings by Downingstraat voor ‘n spitsberaad van Europese leiers […]
# Gholf: Dylan Naidoo van Suid-Afrika deel ‘n eenhouvoorsprong by die SA Ope met Laurie Canter van Engeland na die derde ronde by die Durbanse Buiteklub. Die 28-jarige Naidoo was gister op baansyfer op die laaste putjie vir ‘n ronde van 71 en loop gesamentlike voor met Canter op 14 onder baansyfer. Naidoo and Canter […]
# Rugby: Die Stormers het gisteraand hulle droom lewendig gehou om die Verenigde Rugby Kampioenskap se uitspeelronde te haal met ‘n 19-16-oorwinning oor die Bulle op ‘n deurweekte Loftus. Beide spanne het gesukkel in die nat toestande met net een verdoelde drie elk, terwl die res van die punte gekom het van strafskoppe. Die rustydtelling […]
# Die hoof van Navo, Mark Rutte, het die president van Oekraïne Volodymyr Zelenski aangeraai om ‘n manier te vind om sy verhouding met die Amerikaanse president Donald Trump te herstel na hulle botsing Vrydag in ‘n Withuis-vergadering. Die konfrontasie het opgevlam oor verskillende sienings oor hoe om Rusland se drie-jaar inval te beëindig. Rutte sê […]
# Krieket: Suid-Afrika het maklik deurgedring na die halfeindstryd van die Kampioenetrofee-toernooi na ‘n oortuigende oorwinning van sewe paaltjies gister oor England in hulle laaste groep B-wedstryd in Karachi. Die Proteas het die wenteiken van 180 gehaal met nog 20 beurte oor en in die 30ste boulbeurt 181 lopies gehaal. Suid-Afrika het die wedstryd oorheers […]
# Na die Amerikaanse president Donald Trump en sy ampsgenoot Volodymyr Zelensky se hitsige botsing Vrydag in die Withuis het die president van Oekraïne gister die Britse eerste minister Keir Starmer ontmoet. Volgens berigte sal hy ook vandag met koning Charles vergader. Trump het Vrydag regstreeks op televisie gedreig om sy steun vir Oekraïne te […]
# Krieket: Heinrich Klaasen, Suid-Afrika se ballistiese middelordekolwer, is heeltemal fiks en gereed vir vandag se Kampioenetrofeebotsing teen Engeland in Karachi. Klaasen het vroeër die week die aanvangs-107-lopie-oorwinning oor Afghanistan misgeloop weens ‘n besering aan die weefsel van sy linkerelmboog. ‘n Oorwinning vir Suid-Afrika waarborg vir hulle ‘n plek in volgende week se halfeindstryd met […]
# Ure na ‘n gespanne meningverskil in die Withuis tussen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en die Amerikaanse president Donald Trump, het Europese leiers vinnig hulle volle steun uitgespreek vir die oorloggeteisterde land. Die botsing, wat regstreeks op televisie uitgesaai is, het uitgeloop op ‘n geskree op mekaar in die Oval Office. Europa se top-politici […]
# Gholf: Shaun Norris van Suid-Afrika het gister die voortou geneem by die Suid-Afrikaanse Ope, terwyl sy landgenoot Dylan Naidoo ook ‘n mededinger bly met ‘n ronde van 61. Dale Whitnell van Engeland het beïndruk met twee kolhoue in ‘n enkele ronde by die Durbanse Buiteklub. Aan die einde van ‘n lang dag waarin die […]