# Die president van Amerika Donald Trump het aan verslaggewers in die Withuis gesê dit is moeiliker om in vredespogings met Oekraïne saam te werk as met Rusland. ‘n Paar uur vroeër het Trump gesê hy oorweeg grootskaalse saksies en tariewe teen Rusland totdat ‘n skietstilstand bereik is. Intussen het die VSA tydelik Oekraïne se […]
# Motorsport: ‘n Cadillac-inskrywing deur General Motors gesteun sal volgende jaar Formule Een se 11de span word nadat formele goedkeuring verkry is van die kommersiële regte-eienaars en die beherende FIA. Die F1-uitvoerende hoof Stefano Domenicali sê die voorneme van General Motors om ‘n Cadillac-span na Formule Een te bring is ‘n belangrike en positiewe bewys […]
# Gene Hackman se vrou is dood aan ‘n skaars aansteeklike siekte, omtrent ‘n week voor die akteur gesterf het aan ‘n hartaanval. Die egpaar is op 26 Februarie dood aangetref in hulle huis in Nieu-Mexico, saam met een van hulle honde. Nadoodse ondersoeke het getoon Betsy Arakawa is dood aan hantavirus pulmonêre sindroom. Op […]
# Rugby: Die Leeus wil vandag bestendig presteer in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting met die Haaie op Kingspark in Durban. Ivan van Rooyen se span kon in die verlede nie opvolg op goeie vertonings nie en is die enigste Suid-Afrikaanse span wat nog nie die top-agt van die VRK bereik het nie. Van Rooyen sê sy […]
# Tennis: Die Nederlander Tallon Griekspoor het die topgekeurde Alexander Zverev gister met 4-6, 7-6, 7-6 in die tweede ronde van Indian Wells oorweldig. Die wêreld nommer twee, wat die pas moes aangee by die vooraanstaande ATP-meesterstoernooi, is die eerste Indian Wells mans topgekeurde wat sy aanvangswedstryd verloor sedert Andy Murray in 2017. Die nederlaag […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het die leuen herhaal dat Suid-Afrikaanse plase afgeneem word. Hy het weer op sy Truth Social-platform vlugtelingstatus aangebied vir boere en hulle families wat vir veiligheid uit die land wil vlug. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die presidensie sal nie deelneem aan teenproduktiewe megafoon diplomasie nie. […]
# Israel het gister die ingang van hulpvragmotors na Gaza geblokkeer terwyl ‘n geskil oor die skietstilstand wat gevegte die afgelope ses weke beëindig het, vererger het. Hamas het bemiddellaars van Egipte en Katar gevra om in te gryp. Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu se kantoor het vroeër gesê hy het ‘n voorstel aanvaar […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns is nog ‘n tree nader aan ‘n agtste agtereenvolgende Premierligatitel nadat hulle die naweek Kaizer Chiefs met 1-0 in die Lucas Moripe-stadion geklop het. Die Brazilians het Amakhosi ore aangesit in ‘n taai stryd danksy ‘n briljante doelskop deur Lucas Ribeiro, wat die dryfveer is agter die span van Tshwane se […]
# Israel sal ‘n voorstel van die gesant van die Amerikaanse president Donald Trump, Steve Witkoff, aanvaar vir ‘n tydelike skietstilstand in Gaza tydens Ramadan en die Pasga. Dit volg ure na die einde van die eerste fase van die vorige skietstilstand. Die kantoor van die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê die oorblywende gyselaars […]