# Die owerhede in Australië sê die liggaam van ‘n man is in vloedwaters gevind nadat sy motor in die noorde van Nieu-Suid-Wallis weggespoel het. Dertien militêre werkers is ook in ‘n voertuigongeluk beseer terwyl ‘n tropiese storm die land se ooskus getref het. Sikloon Alfred, wat gister afgradeer is na ‘n tropiese laagdrukstelsel, het […]
# ‘n Man wat in ‘n klaarblyklike betoging teen die Big Ben-toring in Londen opgeklim het, is weer op die grond en in hegtenis geneem. Die kaalvoetman was gister amper die hele dag met ‘n Palestynse vlag op ‘n lysie verskeie meters teen die Elizabeth-toring op by die Paleis van Westminster. In die 16-en-‘n-half uur […]
# Die organisasie Power Shift Africa sê die een-miljard-rand uit die 28-miljard-rand van Amerika se befondsing het nie Suid-Afrika se Billike Energieoorgang gehelp nie. Die groep se energie-veldtogvoerder Karabo Mokgonyana het aan eNCA gesê die VSA se beëindiging van die 28-miljard-rand in klimaatveranderingbefondsing, wat bedoel was om die land se verskuiwing van steenkool na hernubare […]
# Die Trump-administrasie het 7,3-miljard-rand se federale befondsing vir die universiteit van Columbia gekanselleer en sê hulle het nie anti-Semitisme op die kampus beveg nie. Die New Yorkse kollege was verlede jaar die brandpunt van pro-Palestynse betogings op kampusse teen die oorlog in Gaza en Amerikaanse steun vir Israel. ‘n Woordvoerder van Columbia het aan […]
# Die stromingskenner Leslie Adams steun die instelling van ‘n stromingsheffing vir die SABC. Die minister van Kommunikasie Solly Malatsi het aangekondig planne is onderweg om ‘n stromingsheffing te ondersoek om te help met die SABC se finansiële probleme. In anwoord op ‘n parlementêre vraag van die IVP oor alternatiewe befondsing, het Malatsi gesê die […]
# Tennis: Elina Svitolina van Oekraïne het die Indian Wells-skare bedank vir hulle steun vir haar spel en haar land, nadat sy die Amerikaner Ashlyn Krueger in die tweede ronde met 6-1, 7-6, 6-3 geklop het. Svitolina is toegejuig al het sy teen ‘n Amerikaner gespeel en het die wedstryd met haar negende wedstrydpunt ingepalm. […]
# Rugby: Die Haaie het die Leeus met 25-22 geklop in ‘n taai Verenigde Rugby Kampioenskapstryd op Kingspark in Durban. Vir die tuisspan het die Springbokkaptein Siya Kolisi twee drieë gedruk, met Grant Williams en Nick Hatton wat ook oorgeduik het. Jordan Hendrikse het geslaag met ‘n strafskop en ‘n doelskop. Die Leeus se punte […]
# ‘n Multi-dissiplinêre polisie-operasie het onwettige goedere en vermeende groen stene ter waarde van meer as 12-miljoen-rand in Rocky’s Drift naby Witrivier in Mpumalanga gevind. Die klopjag het 17 bergingseenhede geteiken nadat inligting daaroor ontvang is. Van die items waarop beslag gelê is, is kosmetiese ware, kos, vuurwerke en pille. Die waarnemende SAPD-kommissaris Zeph Mkhwanazi […]
# Internasionale Vrouedag word vandag gevier met die klem op gelyke regte en bemagtiging vir alle vroue en meisies. Die beroep dié jaar is vir aksie om gelyke geleenthede te ontsluit en jong vroue en meisies te bemagtig as agente vir verandering. Dit vier ook vroue se prestasies, bevorder bewustheid oor diskriminasie en dien as […]