# Sokker: Bafana Bafana het opgeskuif tot boaan Afrika se kwalifiserende Groep C vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Noord-Amerika toe hy Lesotho 2-0 geklop het in Polokwane. Dit het meer as ‘n uur geneem voor Relebohile Mofokeng die eerste doel aangeteken het. Jayden Adams het slegs drie minute later verdoel en Suid-Afrika het die […]
# Rugby: Die Bulle verwelkom vanmiddag die voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, die Ierse span Leinster, in Pretoria. Afskoptyd op Loftus is vyf-uur – dieselfde tyd as wat die kragmeting tussen die Stormers en Scarlets in Wallis begin. Vroeër speel die Haaie in ‘n tuiswedstryd teen Zebre van Italië in Durban. Die Leeus het gisteraand […]
# Britse teenterreur-polisie lei die ondersoek na gister se brand by ‘n substasie naby Heathrow in Londen wat een van die wêreld se besigste lughawens tot stilstand gedwing het. Die lughawe het vroeg gisteroggend aangekondig dat hy die res van die dag gesluit sal wees weens ‘n reuse-kragonderbreking. Dit kon meer as 145-duisend passasiers wêreldwyd […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika sal nie sy eie beleid veronagsaam weens eksterne druk nie. Hy het ‘n Menseregtedagviering in Kariega in die Oos-Kaap toegespreek. Mashatile onderneem die land sal hom hou by sy eie beleid gemik op die herstel van geskiedkundige ongeregtighede, en sê die regering glo hy het die regte pad gekies […]
# Rugby: Die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu is een van agt Springbokke in die Stormers se opdraf-vyftiental vir vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Scarlets in Wallis. Die ander Bokke is Herschell Jantjies, Frans Malherbe, Joseph Dweba, Damian Willemse, Evan Roos, Deon Fourie en die kaptein, Salmaan Moerat. Die Stormers is tans twaalfde op die punteleer nadat […]
# Krieket: Die verdedigende kampioen, Kolkata Knight Riders, is vanmiddag die gasheer vir Royal Challengers Bengaluru in die aanvangswedstryd van die Indiese Premierliga. Die wedstryd slaan om vier-uur, Suid-Afrikaanse tyd, af. Dertien stede in die land ontvang tien spanne in 74 kragmetings tot die eindstryd op 25 Mei, wat ook deur KKR aangebied word. Elke […]