# ‘n Australiese dokter wat alarm gemaak het oor Erin Patterson, is deur die Australiese agentskap vir gesondheidspraktisyns gestraf oor neerhalende opmerkings oor die drievoudige moordenaar. Chris Webster was ‘n sleutelgetuie in Patterson se verhoor, waartydens ‘n jurie haar skuldig bevind het aan die moord in 2023 op drie familielede en ‘die ‘n poging tot […]
# Die polisiekomissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, sê sommige joernaliste is besig om polisiedwelmeenhede teen ondersoeke te beskerm. Op dag drie van die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria, beweer Mkhwanazi dat sekere verslaggewers probeer om eenhede wat by misdaad betrokke is, te beskerm deur vals berigte te versprei wat daarop gemik is om hom te […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, vra vir die gebruik van tegnologie om selfoonseine by Pollsmoor-gevangenis te blok. Die burgmeester het hierdie week aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, geskryf en kommer uitgespreek dat kriminele aktiwiteite van binne Pollsmoor gekoördineer word. Hill-Lewis sê hy is tydens ‘n onlangse padinspeksieprojek in Bishop Lavis […]
# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid versoek dat die Department van Water en Sanitasie verslag moet doen oor die vordering wat gemaak is oor beloftes om geslagsgelykheid te bevorder en om transformasie in die werkplek in te stel. Die kommissie beklemtoon dat water en sanitasie ‘n basiese mensereg is wat ‘n uitwerking het op veral vroue […]
# Die DA vra dat alle grensbeskermingspligte oorgegee word aan die Grensbestuursowerheid, en dat daar voldoende befondsing verskaf word sodat alle gevestigde sindikate uitgeknikker kan word. Die DA-lid, Chris Hattingh, sê dit volg ná die inhegtenisneming van vyf Weermag-lede en twee Zimbabwiërs vir die beweerde smokkel van onwettige sigarette uit Zimbabwe na Suid-Afrika:
# Dokter Robyn Adams van die Universiteit Stellenbosch se Departement Verloskunde en Ginekologie, is aangewys as Suid-Afrika se ambassadeur by die Internasionale Papillomavirusvereniging. Sy is een van slegs 27 ambassadeurs wêreldwyd en sal vir twee jaar dien. Sy begin met haar pligte by die vereniging se konferensie in Bangkok, Thailand. Adams beoog om opvoeding rakende […]
# Dit is dag drie van die Madlanga-kommissie van ondersoek en die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het getuig hy is gewaarsku oor ‘n komplot om hom in ‘n slegte lig te plaas. Mkhwanazi sê die sakeman, Brown Mogotsi, wat hy glo verbind word met die misdaadwêreld, het in September verlede jaar WhatsApp-boodskappe aan hom […]
# Die vakbondfederasie SAFTU sê hy verwerp die Monitêre Beleidskomitee van die Reserwebank se besluit om weer eens die terugkoopkoers onveranderd op 7-persent te hou, as teen werkers en ontwikkeling. ‘n Woordvoerder van SAFTU, Asive Dyani, sê dit beteken die prima-uitleenkoers is steeds op ‘n versmorende 10,5-persent. Sy sê die besluit is ‘n verdere aanduiding […]
# Die DA sal die LUR, Saki Mokoena, skriftelik vra vir strenger toesig oor Mangaung Munisipaliteit se Suidelike stortingsterrein in Bloemfontein. David van Vuuren van die DA sê onlangse inspeksies het brande, gesondheidsgevare, onwettige storting en statutêre oortredings aan die lig gebring. Hy sê die munisipaliteit het ‘n herlewingsplan goedgekeur, insluitend heinings, afvalverwydering en verbeterde […]