# Die Hertogin van York is verwyder as beskermvrou van ‘n kinderliefdadigheidsorganisasie ná ‘n e-pos waarin sy die seksoortreder Jeffrey Epstein haar uitsonderlike vriend genoem het. Julia’s House, ‘n tehuis van die organisasie wat gesinne in die Engelse dorpe Dorset en Wiltshire bedien, het Sarah Ferguson, die voormalige vrou van Prins Andrew uit haar rol […]
# Die NAVO-lidland Pole sal nie aarsel om enige vliegtuie of hommeltuie wat sy lugruim skend en ‘n bedreiging inhou, neer te skiet nie, maar sal meer versigtig wees in situasies waar daar nie volle sekerheid is nie. Die eerste minister van Pole, Donald Tusk, het ‘n nuuskonferensie meegedeel hulle sal vlieënde voorwerpe afskiet as […]
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het aan die Madlanga-kommissie gesê die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde was onwettig en skielik. Masemola sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu het nie vooraf kommer oor die eenheid uitgespreek nie en het nie sleutelbelanghebbendes, insluitende die Nasionale Vervolgingsgesag, geraadpleeg nie. Hy sê hy was met […]
# Atletiek: Botswana het ‘n openbare vakansiedag verklaar om die land se oorwinning in die mans 4×400-meter-aflos by die Wêreldatletiekkampioenskappe in Tokio te vier. President Duma Boko het die goue medalje ‘n “geskiedkundige Afrika”-oorwinning genoem en prys die span vir hul prestasie. Hy het aangekondig Maandag, 29 September, sal ‘n vakansiedag wees, ‘n dag voor […]
# Wild Africa in Namibië het ‘n beroep gedoen vir die beskerming van renosters in Afrika, met die onwettige handel daarvan steeds die grootste bedreiging. Die organisasie se verteenwoordiger, Odile Gertze, sê stropery in Afrika het tot op sy laagste vlak in meer as ‘n dekade gedaal, maar volgens die Internasionale Renosterstigting word daar steeds […]
# Sokker: Wayne Rooney sê Manchester United se sukses in die dae toe hy gespeel het, het neergekom op die kommunikasie wat hulle ontwikkel het terwyl hulle videospeletjies op die spanbus gespeel het. Die voormalige United, Everton en Engeland doelskieter sê hulle het die militêre speletjie, SOCOM, op die Playstation Portable gespeel. Hy sê hulle […]
# Die FNB Huisprysindeks het in Augustus tot 4,5-persent op ‘n jaargrondslag gestyg, die vinnigste groei in meer as drie jaar en die vierde agtereenvolgende maand van reële huisprysstygings, aangepas vir inflasie. ‘n Eiendomsekonoom by FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die Wes-Kaap loop steeds voor, maar Gauteng en KwaZulu-Natal toon hernude momentum. Hy beklemtoon hoewel die […]
# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap waarsku geen vergoeding word vereis vir sy dienste nie. Die woordvoerder, Andile Tshona, sê enigiemand wat betaling eis vir hulp met maatskaplike toelaagaansoeke tree bedrieglik op en moet onmiddellik by wetstoepassing aangegee word. Hy doen ‘n beroep op begunstigdes en die publiek om waaksaam te wees en om bedrieërs op […]
# Australiese amptenare het belowe dat die telekommunikasiereus Optus die gevolge sal moet dra vir die stelselonderbreking wat met ‘n aantal sterftes verbind word. Die voorval verlede week het beteken dat honderde mense in meer as die helfte van die land vir 13 uur nie nooddienste kon skakel nie. Minstens drie mense het as gevolg […]