# City Power het bevestig dat die Valke vandag hul hoofkantoor besoek het, as deel van ‘n voortgesette ondersoek wat in 2024 begin het. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê die agentskap bied steeds sy volkome samewerking na ‘n vroeëre versoek om inligting. Hy beklemtoon die besoeke is nie klopjagte nie maar roetinestappe van ‘n ondersoek. […]
# ‘n Regskenner van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Marga van Rooyen, het aan die Madlanga-kommissie gesê dat om dossiere van die taakspan vir politieke moorde maande lank na Pretoria te stuur sonder dat daar ondersoek ingestel word, kom neer op die onderdrukking van ondersoeke. Van Rooyen sê hierdie wanhantering van sake belemmer voortgesette ondersoeke en ondermyn […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê onwettige verbindings en elektrisiteitsdiefstal is steeds groot struikelblokke vir ‘n stabiele netwerk. Daar is voldoende opwekkingskapasiteit, maar hierdie probleme plaas druk op die verspreidingsnetwerk, wat oorlading veroorsaak en ladingverminderingsmaatreëls afdwing wat meer as een-miljoen mense raak. Ramokgopa sê dit is van kardinale belang dat diefstal […]
# Former president Nicolas Sarkozy is set to become France’s first postwar leader to go to prison after a court jailed him for five years over a scheme for the late Libyan dictator Moamer Kadhafi to fund his victorious 2007 presidential run. The court convicted him on charges of criminal conspiracy, although it acquitted him […]
# Die Krugerwildtuin het op Nasionale Erfenisdag wat saamval met Nasionale Parkeweek, ‘n rekordbywoning aangeteken. SANParke sê talle natuurliefhebbers het besoek afgelê om wildlewe en landskappe te geniet, maar van die gaste is weggewys as gevolg van kapasiteitsbeperkings en veiligheidsprotokolle. Die park se bestuur versoek toekomstige besoekers om vooraf te bespreek en teleurstelling te voorkom. […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê ‘n drieledige strategie sal ladingvermindering teen 2027 beeïndig. Die plan behels volledige voorsiening van gratis basiese elektrisiteit vir behoeftige huishoudings, die massa-instelling van slimmeters en die ontplooiing van verspreide energiebronne. Ramokgopa het die media meegedeel dat meer as een-miljoen-verbruikers, hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng, en […]
# FNB se hoofekonoom, Mamello Matikinca-Ngwenya, sê die FNB/BER verbruikersvertroue-indeks het in die derde kwartaal vanjaar van negatief-tien na negatief-13 teruggesak. Sy sê die daling in die algehele indeks tot negatief-13 beteken verbruikersentiment het selfs verder wegbeweeg vanaf die gemiddelde indekslesing van negatief-een sedert 1994. Matikinca-Ngwenya sê dit dui op ‘n verlangsaming in die groei […]
# Tennis: World number one Carlos Alcaraz shrugged off an ankle injury to beat Argentina’s Sebastian Baez 6-4, 6-2 in a gritty start to his Japan Open campaign. He crumpled to the ground chasing a shot in the fifth game of the opening set in Tokyo and sat on the court grimacing for several minutes. […]
# ‘n Regskenner van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Marga van Rooyen, het aan die Madlanga-kommissie gesê die Grondwet stel dit duidelik dat polisiebeamptes onregmatige bevele moet verwerp, selfs as dit vanaf politieke leiers kom. Van Rooyen het in Pretoria aan die kommissie gesê daar kan nie van politici verwag word om ingewikkelde polisiëring te begryp of […]